Adiabene

Adiabene (van die Griekse Ἀδιαβηνή, self afgelei van die Antieke Siriese Ḥaḏy’aḇ of Ḥḏay’aḇ) was ’n antieke koninkryk in Assirië.[1][2][3] Sy hoofstad was Arbela (die hedendaagse Arbil in Irak).

Sy heersers het hulle in die 1ste eeu n.C. tot die Judaïsme bekeer.[4] Koningin Helena (in Joodse bronne bekend as Heleni HaMalka) het na Jerusalem getrek waar sy paleise vir haar en haar seuns, Izates bar Monobaz en Monobaz II, laat bou het. Volgens die Talmoed het beide Helena en Monobaz groot bedrae aan die Tempel van Jerusalem geskenk.

  1. The Chronicle of Arbela, PDF Geargiveer 28 April 2004 op Wayback Machine
  2. The Biblical Geography of Central Asia: with a General Introduction, deur Ernst Friedrich Karl Rosenmüller. Bl. 122.
  3. In Memory of Rabbi and Mrs. Carl Friedman: Studies on the Problem of Tannaim in Babylonia (ca. 130-160 C. E.) Author(s): Jacob Neusner Source: Proceedings of the American Academy for Jewish Research, Vol. 30 (1962), pp. 79-127.
  4. Gottheil, Richard. "Adiabene" (in Engels). Jewish Encyclopedia. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Maart 2020. Besoek op 8 November 2011.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search